Tuisblad        Kalender        Lodge        Troues        Jag        Gallerye        Kontak

   
   

Besprekings beskikbaar vanaf 24 May 2021.

●     Kliek hier vir pryse & meer inligting

Vervoer na en in wildskamp tydens jag word voorsien. 'n Netjiese slagkamer is beskikbaar en binnegoed en vel word verwyder. Geen verdere verwerking word voorsien nie. Die diens is gratis.

Die jagkamp is slegs 200ha en geleŽ in van die mooiste hoŽveld denkbaar. Die terrein nl. rante heuwels en oop veld, is op en om Vaalkop geleŽ en bied verskeie uitdagings aan u die jagter. 'n Professionele jagter vergesel u deurentyd. Kwes skote is ten volle betaalbaar. Verder bied ons 'n baan waar u vooraf weer kan inskiet en seker maak van daardie perfekte skoot plasing. Die plaas het vrystelling.

Kleiduif masjien is gratis beskikbaar. Kleie moet wel aangekoop word. (Eie haelgeweer)

'n Boma is beskikbaar in die Lodge om daardie egte bosveld atmosfeer te beleef in die hoŽveld.

Verblyf
Hier bied ons luukse selfsorg verblyf in ons Lodge wat ontbyt insluit. (Kliek hier vir meer inligting)

 
 
 

 

     

081 043 4448

 

 

 

 

henbaselodge@gmail.com

 

 

 

 

KoŲrdinate: S 26į52'20.67" / O 29į39'02.99"

 

 

     

NEEM KENNIS ●  Inboektyd: 14:00 / Vertrektyd: 12:00  ●  Betreding, akkommodasie en gebruik van ons fasiliteit geheel en al op eie risiko plaasvind.  ●  Geen dagbesoekers word toegelaat  ●  'n Minimum van 2 aande moet bespreek word vir enige verblyf. Geen enkel aand besprekings nie.  ●  Geen 'net kyk' of 'net gou deur ry ' nie.

© 2012 - 2021   Henbase Lodge   |   Vrywaring   |   Webblad deur 123 Internet