Henbase Eco Escape is geleŽ tussen Morgenzon en Amersfoort in Mpumalanga. Henbase Eco Escape is 'n filiaal van Henbase 3565 Pty Ltd wat 'n werkende plaas is. Ons deel graag ons boerdery se pragtige en rustige natuurskoon met u die kliŽnt.

Henbase Lodge bestaan uit 5 chalets / houthuise wat gesamentlik 33 persone kan huisves, 9 geplaveide & 3 gras karavaan staanplekke vir maksimum 4 persone per staanplek. (Kinders 7 jaar en ouer tel as 'n persoon; kinders tussen 1 - 6 jaar bly verniet en kan ekstra wees.)  'n Nuwe ablusie blok met porta-pottie dienspunt, skottelgoedwas fasiliteit, wasmasjien asook geboude braaiers vir elke staanplek is om 'n paar te noem. Elke staanplek het 20 amp krag toevoer en eie water kraan. Alle staanplekke en chalets is met plaveisel verbind vir reŽnerige dae.

Wat om te doen?

  Hengel - 11km Vaalrivier beskikbaar
  Ontspanning
  Wildsritte in die namiddag asook 'n besoek aan 'n veteraan motor museum
  Swembad
  Jag binne seisoen  ('n McNab jag word in eerste helfte van Mei elke jaar
    aangebied in samewerking met NH Kerk Morgenzon)
  VoŽl kyk
  Geriefswinkel asook drankwinkel - Ys, hout ens. beskibaar
  Stap in die natuur
  Fietse te huur
  Gesamentlike DSTV
  Pool tafel
  Ligte etes gedurende die dag asook ontbyt
  Restaurant - Besprekings word wel vooraf vereis
  Spyseniering vir enige funksie bv troues, verjaarsdae ens
  Trou / onthaal venue vir maksimum 200 persone
  Kapel vir maksimum 200 persone (Vanaf September 2017)
  Executive / Wittebrood kamer
  Luukse verblyf (Self-sorg)
  Kasselman Veiligheids Dienste patrolleer gebied in die nag vir u gemoedsrus


12kg Geelvis

Tariewe

  Karavaan staanplekke:  R300.00 per nag (R400.00 per nag vanaf Desember 2017)
  Henbase "Executive Suite":  R 2850.00
       
  Slaap 2
       
  Vir wittebrood, herdenking en romantiese wegbreuke
       
  Privaatheid gewaarborg
       
  Self-sorg
       
  Jacuzzi
       
  Ekstra buite-stort vir romantiese maanligstorte
       
  Ingeboude braai braai
          Ontbyt ingesluit
  Daar is 5 eenhede om van te kies nl.
          1)  Die Ark Houthuis:  Slaap 7 persone - R 1750.00 per nag. Sluit 'n aparte Lapa en Boma in vir privaat gebruik.
          2)  Bosveld Chalet:  Slaap 8 persone - R 2000.00 per nag. Sluit 'n Jacuzzi in vir privaat gebruik
          3)  Waterfront Chalet:  Slaap 4 persone - R 1100.00 per nag.
          4)  Bergsig Chalet:  Slaap 4 persone - R1100.00 per nag.
          5)  Die Draai Houthuis:  Slaap 9 persone - R 2750.00 per nag.  Privaatheid gewaarborg en eenkant geleŽ.
  R500 vir enkel persone
  Chalets is almal op 'n " Bed en Ontbyt" basis en ontbyt is ingesluit by die prys. Verder is Chalets/ Houthuise selfsorg eenhede. Ontbyt word tussen 07:00 en 09:00 bedien in die
     restaurant.

GEEN TOEGANG NA 18:00.
Geen dagbesoekers word toegelaat.

Ons sien daarna uit om u te ontvang.

Kontak ons vir enige navrae:
  Ansie Claassen
  claassenj@mweb.co.za

Besprekings slegs per epos

     
     
     
     
     
     
     
     
     
     
     
     
     
     
     
 
 
 
 
       
           
Henbase Veteraan Motors
           
     
     
     
     
     
 
 
       
 

 

  Henbase Boerdery
  Henbase Eco Escape
  Henbase Wild Boerdery

  Ansie Claassen
  claassenj@mweb.co.za

  © 2012 - 2017 Henbase 3565 Pty Ltd
  Terme & Voorwaardes